Trou om jou huis te behou
Al van so iets belagliks gehoor…? “Jammer meneer, maar jy moet jou huis ontruim want jy kon nie ‘n huweliks sertifikaat toon nie”.
Ons woon hier in die Noord-Kaap, êrens in die Kalahari op ‘n myners dorpie. Hier’s seker so ± 270 huise en etlike woonstelle in die ‘village’, soos hulle na die dorp vewys. Nou, jy moet ‘n sekere posvlak wees – Patterson Band – voordat jy kan kwalifiseer vir ‘n huis, of woonstel. Nou, huidiglik is my verloofde ‘n ‘C1’ posvlak, wat hom geregtig maak op ‘n ‘huis’ – 3 slaapkamer, kombuis, badkamer, sitkamer, eetkamer, waskamer, buitekamer en motorhuis. Ons het aansoek gedoen en die huis gekry. Ons woon heel lekker hier. Maar toe kry ons ‘n brief van die behuisings komitee van die myn dat ons, ons huis moet ontruim omdat ons nie getroud is nie! Ons kan aansoek doen vir ‘n enkel woonstel (en ons sit met ‘n huis vol meubels – hoe op dees aarde pas alles in ‘n ENKEL woonstel?).
Maar volgens wet, soos ek verstaan, het ‘n paartjie van vir ‘n sekere tydperk, ek dink dis 6 maande na ‘n jaar, dieselfde regte en voorregte mag geniet as ‘n getroude paartjie. Maar die myn se redenasie is, is dat dit hul eiendom is en hul, hul eie behuisings beleid het. Nou vra ek die vraag, so ‘n groot maatskappy, wat aan alle wette van die regering en alle relevante instansies moet voldoen, het hul die reg om dit te doen?
Wel, ons moet trou…om ons huis te behou… En al trou ons 8 September 2007, wil hul niks daarvan af weet nie. Hoe nou?

4 comments:
Moeilike een daai. 'n Advokaat mag dalk nuttig wees, maar duurder as om te trek... sterkte.
Damn girl, dit suck so bietjie. Daar moet een of ander uitweg wees. Hoe het julle die huis in die eerste plek gekry as julle nie getroud was nie? Hulle mag julle nie uit sit as julle tans so bly nie, dit moes tog deur iemand goed gekeur gewees het, of hoe?
Wel, hul moet my dan aan my skouertjies optel en op die sypadjie neersit, want trek sal ek beslis nie...dis makliker gesê as gedoen. Al ander plek waarheen ons kan is skoonma se buitekamer weer (en waar gaan al die meubels) en Kuruman toe, dis sowat 80km ver, dus so uur en half se ry elke dag in en uit saam...so?
nee wat jong, bel vir matrone, ek is seker sy sal jou kan help. protesteer of iets. lol
Post a Comment